Nuwe Insig Nodig om Super Genetika Optimaal te Ontgin

Dr Heinri Spangenberg, direkteur tegniese verkope: AFGRI Veevoere

Data oor die afgelope paar dekades toon ‘n duidelik afname in die vrugbaarheid van veral hoog produserende kuddes en dus ‘n toename in die interkalfperiode (IKP), dae oop na kalwing en aantal inseminasies per konsepsie. Die rede waarskynlik omdat die moderne koei se genetiese vermoë om enorme hoeveelhede melk te produseer baie suksesvol met o.a. voeding ontgin word, sonder in ag neming die verskil in metaboliese en reproduktiewe voedingbehoeftes. Navorsers het hoofsaaklik onafhanklik die doelwitte en behoeftes vir melkproduksie en gesonde reproduksie ondersoek. Wat voedingkundig goed is vir hoë melkproduksies, veral vinnige en hoë pieke, is nie noodwendig goed vir reproduksie nie, maar eerder ernstig nadelig. Na afloop van geboorte moet die uterus normaal reinig en involusie ondergaan, gevolg deur die aanvang van geslagsaktiwiteit , gesonde follikel ontwikkeling wat ‘n goeie kwaliteit oösiet bevat, estrus, ovulasie en uiteindelik na bevrugting ‘n lewensvatbare embrio. Hierdie proses kan deur swak voeding en bestuur benadeel word, wat IKP verleng en/of die integriteit van die ontwikkelende oösiet en embrio benadeel.

genetica1

Dit begin reeds ongeveer 90 dae voordat bevrugting plaasvind en dus gedurende die droë- opstoom- en vars in melk fase. Meer onlangse multi-dissiplinêre navorsing bring nuwe insig op voeding en spesifieke voedingstowwe tydens die oorgangsfase vir gesonde reproduksie en sonder om melkproduksie in te boet. Voeding met die klem op reproduksie en kennis van hoe voeding epi-genetika beïnvloed, is krities vir suksesvolle suiwelboerdery. Epi-genetika is wanneer daar veranderinge plaasvind in hoe gene uitgedruk word. Die veranderinge word deur nie-genetiese faktore of meganismes veroorsaak en is nie a.g.v. veranderinge in die onderliggende DNA volgorde nie. Ongeveer 36% van die variasie in eerste laktasie melkproduksie kan toegeskryf word aan epi-genetika en meer spesifiek hoe dit beïnvloed word deur die moeder se melkproduksie en energiebalans gedurende verskillende stadia van laktasie.

Gesonde reproduksie en ‘n kort IKP is die vernaamste faktore vir winsgewende suiwelondernemings. In Nederland skuif IKP 1.5 dae per jaar aan met ‘n koste van ongeveer R20.00 per koei per dag langer as 385 IKP. Ons kan aanvaar dat die koste wêreldwyd ongeveer R20.00 tot R30.00 per koeie per dag, vir langer as 385 IKP, beloop. Om hier te faal beteken die gemiddelde dae in melk (DIM) word langer en met melkproduksie wat ongeveer 100 ml per dag afneem is daar dus meer koeie nodig om melkproduksie met korter DIM te handhaaf. Voerkoste verhoog omdat voeromsetdoeltreffendheid (VOV) afneem met toename in DIM omdat meer voedingstowwe vir onderhoud en vetdeponering gebruik word. Laasgenoemde verhoog natuurlik ook die risiko vir metaboliese probleme tydens die oorgangsfase. Swak reproduksie en langer IKP is nadelig vir langslewendheid met gevolglike minder melk oor die leeftyd. Dit verhoog uitskot en vervanging met minder kalwers vir seleksie en dus stadige genetiese vordering. KI- en veeartseny kostes skiet die hoogde in. Verse betaal hul grootmaakkoste gewoonlik eers in die 2de laktasie terug en met hoë uitskot word hierdie koste selde verhaal.

Melkboere het gewoonlik baie duidelike doelwitte tov melk- en vastestofproduksie, voeding, voer- en arbeidskoste, maar is vaag met reproduksie, uiergesondheid, kalfgrootmaak en koeigemak. Dit is belangrik om ten minste primêre reproduksiedoelwitte op te stel en dan te bepaal of dit funksioneel vir die kudde is. Daarna kan sekondêre doelwitte opgestel word. Hierdie doelwitte moet egter

Primêre Reproduksie Doelwitte

  • Eerstekalf ouderdom < 24 maande
  • Kalf tot konsepsie 85 – 115 dae
  • Uitskot agv reproduksie < 5 %
  • Aborsie as % van koeie dragtig bevestig < 5 %

gemonitor word en in samewerking met die veearts en voedingkundige bestuur word. Die vernaamste faktore wat tot reproduktiewe finansiële verliese lei is lae DMI, negatiewe energiebalans (NEB), metaboliese steurnisse, siektes, bestuurs- en omgewingsfaktore tydens die oorgangsfase en nie noodwendig ‘n hoë melkproduksie nie. MAAR, onthou dat alle melkkoeie ‘n verlaagde DMI, ‘n sekere mate van NEB en metaboliese steurnisse, veral melkkoors, tydens die oorgangsfase ondervind. ‘n Hoë melkproduksie of ‘n vinnige hoë piek, tesame met voedingswanbalanse, vererger dus NEB en die gevolge daarvan. “Gifstowwe”, soos nie-geësterifiseerde vetsure (NEFA) deur liggamsvet afbraak veroorsaak en oormatige stikstof (N), beland in die follikulere vloeistof en beskadig die oösiet. Die follikel kom gesond en normaal voor, maar bevat ‘n swak kwaliteit of onderontwikkelde eisel wat moeilik bevrug raak. Indien dit wel bevrug raak vind normale embrio ontwikkeling nie plaas nie. Eisel en embrio kwaliteit is dus in baie groot gevaar in hoog produserende kuddes en ook die rede vir vroeë embrionale sterftes wat tot 80% van reproduksie verliese veroorsaak.

Die opstoomfase of laaste 21 dae voor kalf het ten doel om die koei voor te berei vir suksesvolle oorgang vanaf droog na lakterend.

genetica2

Die skielike oorgang vanaf droog na lakterend gaan gepaard met geweldige fisiese-, fisiologiese-, metaboliese- en voedingsbehoefte veranderinge. Die uier regenereer na involusie, rumengrootte, rumenwand en rumenmikrobepopulasie moet aanpas, hormonale en immunologiese veranderinge vind plaas, mineralemetabolisme en veral kalsiummetabolisme om hipokalsemie te beperk. Die doel is om metaboliese steurnisse na kalwing tot die minimum te beperk omdat metaboliese steurnisse duur is en tot baie vroeë uitskotte lei. Ons wil tydens opstoom seker maak die dieet is so geformuleer dat:

  • die rumen optimaal aangepas word vir die oorgang na hoë kragvoer diëte, met veral energiesamestelling in ag genome, sonder om asidose te veroorsaak of koeie vet te maak en insulien weerstandigheid te veroorsaak;
  • Ca metabolisme gestimuleer word deur die korrekte voeding van anioonsoute;
  • Ruproteïen binne perke is om lae, maar goeie kwaliteit kolostrumproduksie te verseker en om aanvanklike melkproduksie nie te veel te stimuleer nie;
  • DMI gestimuleer word om NEB tot die minimum te beperk en
  • die korrekte medikamente en spesifieke voedingstowwe ingesluit word vir die ondersteuning van die immuunfunksie, spesifieke organe en die endokriene stelsel wat krities is vir gesonde koeie met optimale metaboliese en fisiologiese funksies. Spesiale aandag moet ook gegee word aan medikamente om rumengesondheid te bevorder met ‘n fokus op positiewe energiebalans.

Wanneer dit regkry word is die eerste stap gegee om koeie voor te berei vir hoë melkproduksies EN en die ontwikkeling van gesonde oosiete (primordials) waarvan die genetiese potensiaal nie deur epi-genetika benadeel word nie.
Vet koeie is veral ‘n probleem omdat hulle geneig is tot laer as normale innames voor kalwing wat NEB en afbraak van liggaamsvet voor kalwing verhoog. Hierdie koeie raak insulien weerstandig, ontwikkel Tipe II Ketose en vrek gewoonlik op dag 6 na kalwing. Probleemkoeie moet van die oortollige NEFA’s ontslae raak voor kalwing deur of die spiere of die melk. Sulke diere moet dus geforseer word om te loop gedurende opstoom en/of afgemelk word voor kalwing. Laasgenoemde veral wanneer koeie reeds melk lek voor kalwing. Voorts moet hulle vir 7-10 dae voor kalwing met propileen glikol behandel word om die toestand te verlig.

genetica3

genetica4

REVIVA na kalwing help baie om beide melkkoors en ketose insidensies te verlig. Dit is dus belangrik dat koeie teen die regte kondisietelling opgedroog word en die veraf- en opstoomdiëte die koeie se kondisie handhaaf en nie verlaag of verhoog nie.

‘n Goeie varskoeiprogram het ten doel om NEB en verlies aan liggaamskondisie vir veral die eerste 4 weke na kalwing te beperk.

In die afgelope dekades is reeds baie aandag aan navorsing en die ontwikkeling van droë koei- en opstoomdiëte gegee terwyl steeds maar die hoogproduserende TGR vir die varskoeie gevoer word. Dit gebeur dikwels ook met die varskoeie in die hoogproduserende span en nie apart nie. die rede hiervoor is eenvoudig omdat spasie of ‘n ekstra kamp en die meng van aparte TGR problematies is. Die vernaamste rede is egter omdat beide boer en voedingkundige nie voldoende fokus op varskoeie nie. Indien koeie nie reg opgestoom is nie sal spesifieke varskoeikonsep of voeding en bestuur nie veel help nie.

Om geboorte te skenk is ’n intensiewe aktiwiteit waartydens ’n klomp fisiese en fisiologiese veranderinge in die koei plaasvind. Sy gebruik ’n klomp energie en verloor tot 50 liter vloeistof met elektroliete. Indien hierdie vloeistof en voedingstowwe nie vinnig teruggeplaas word nie, word sulke koeie swak en leweloos of morbied. Dit is dus belangrik om te fokus op voeding en bestuur om post-partum koeie spoedig op voer te kry en DMI te stimuleer om sodoende NEB en verlies aan massa te beperk, wat primêr vir metaboliese probleme en swak immuunfunksie verantwoordelik is.

Reproduksie word egter ook hoofsaaklik deur die energiebalans van die koei bepaal. Alhoewel NEB reeds voor kalwing begin is die gevolge eers gedurende laktasie sigbaar omdat melkproduksie skielik verhoog terwyl DMI geleidelik toeneem. Reproduktiewe aktiwiteit van koeie word bepaal deur tydsverloop om laagste punt (nadir) van NEB te bereik, hoe diep of erg nadir is en hoe vinnig dit neem om te herstel.

genetica5

genetica6

Hoe korter en kleiner die intensiteit hoe gouer kom koeie op hitte met gevolglike korter IKP. Met optimale oorgang geskied die nadir van NEB binne 15 dae na kalwing met eerste ovulasie ongeveer 15 dae hierna. Eerste ovulasie kan dus so vroeg as 25 dae kalwing geskied en variee tussen 17 tot 42 dae. Dit gaan gewoonlik nie gepaard met duidelike staande hittes nie. Gewoonlik volg ‘n kort 10 to 12 dae interval tot die volgende ovulasie en dan normale 21 dae siklusse. Die tweede ovulaie gaan dan ook gepaard met duidelike hitte tekens. Die intensiteit van NEB word deur ouderdom, kondisie, metaboliese steurnisse, siektes, omgewingsfaktore, koeigemak, melkproduksie en voeding bepaal. Koeie met hoë melkproduksie het gewoonlik ‘n hoë kolostrumproduksie wat NEB direk na kalwing erg affekteer.

NEB en verhoogde NEFA’s in die bloed het negatiewe impak op follikulêre ontwikkeling en die inisiasie en onderhoud van dragtigheid. ‘n Tekort aan bloedkalsiumvlakke vertraag involusie van die uterus, verhoog kortisolvlakke, verlaag DMI verder en vererger dus NEB. Oormatige en die verkeerde “tipe” proteïen vereis ekstra energie om van die oormatige stikstof (N) ontslae te raak en skielike stimulaie van melkproduksie te onderhou en kondisie val nou vinniger. Dit ondermyn dus hormonale en reproduktiewe funksie omdat energie wanaangewend word.

Dit is dus, gegewe die algemene swak reproduktiewe resultate, duidelik dat voeding en bestuur van varskoeie nie tred gehou het met genetiese vordering en die hoër voedingsbehoeftes van “superkoeie” nie.

  • Aparte varsgroep met hoogstens 85% van die normale belading. Aparte groepering van eerstekalfkoeie is ook bepaald voordelig i.t.v. hul vreetpatrone, DMI en gevolglike hoër melkproduksies van tot 10%.
  • Behandel varskoeie met REVIVA. Die koei kom na behandeling vinnig op voer omdat Reviva koeidrank ryk is aan elektroliete vir spoedige rehidrasie en maklik beskikbare energie bevat om o.a. verplaasde abomasums en ketose te verhoed. Die hoogs opneembare minerale en veral Ca voorkom subkliniese melkkoors, terwyl organies gebonde spoorminerale en vitamienes die immuunstatus ondersteun.
  • Die korrekte gebruik van MEGASTARTER MEGAMILK wat melksuurbenuttende bakterieë Megasphaera elsdinii verskaf om suurpens te bekamp.
  • Kundig geformuleerde varskoeidieet met die doel om melkproduksie geleidelik te verhoog met die fokus op volhoubaarheid, en plaas van skielike hoë pieke wat skerp terugval. Die rantsoen moet smaaklik wees met voldoende effektiewe vesel. Die insluiting van die korrekte hoeveelheid, tipes en kwaliteit proteïen en veral energiekomponente wat spesifiek gekanaliseer word om melkproduksie en reproduksie te onderhou is krities.
  • Onlangse navorsing het sekere medikamente en spesifieke voedingstowwe se voordele in varskoeidiëte uitgewys. Kundige gebruik van hierdie komponente in gebalanseerde diëte kan die genetiese potensiaal van die moderne koei optimaal benut.
  • Spesiale aandag moet gegee word aan vitamienes, minerale en spoorminerale insluitings. Die korrekte hoeveelhede maar ook die tipes anorganiese- en organiese verbindings is belangrik om bio-beskikbaarheid te verseker vir die toenemende behoefte en om veral die immuunfunksie optimaal te laat funksioneer.

Die implementering van ‘n varskoeiprogram met die fokus op gesonder koeie met ‘n goeie immuunfunksie verseker vrugbaarheid, minder uitskotte en langslewend om winsgewendheid te verhoog.

Vir meer inligting, skryf aan [email protected]