Vinnige Herstel Van Varskoeie

VINNIGE HERSTEL VAN VARSKOEIE 

‘n Maklike en Natuurlike Oplossing –

Deur Dr. Heinri Spangenberg – Direkteur: Tegniese Verkope Afgri Veevoere

Moderne suiwelbestuur begin met gesonde diere en is ʼn uitdaging wat toewyding verg, veral gedurende die oorgangsfase of 21 dae voor en na kalwing. Voldoende droëmateriaalinname (DMI) by vars koeie tot met 3 weke na kalwing is die enkele belangrikste faktor vir ʼn suksesvolle totale laktasie periode. Slegs ‘n gesonde koei, met so min as moontlik “stress”, is gekondisioneer vir ʼn hoë DMI. Dit geld veral vir vars koeie en begin met doeltreffende bestuur van koeie in die oorgangsfase.

varskoeie1

Uit bostaande grafiek is dit duidelik dat meer as 2 kg DMI permanent verlore kan wees wanneer koeie ‘n siektetoestand of metaboliese steurnis ervaar na kalwing. Enersyds lei metaboliese steurnisse tot ‘n afname in DMI en anersyds is varskoeie met ‘n lae DMI baie meer vatbaar vir metaboliese steurnisse soos veral melkkoors, ketose en verplaasde abomasums. Die doel van hierdie artikel is nie om metaboliese siektes in detail te bespreek nie, aangesien die onderwerp reeds breedvoerig in die uitgawe van April 2007 behandel is. Dit is egter belangrik om kennis te neem dat hierdie “toestande” interverwant is en dus kan die voorkoms van ‘n bepaalde siekte die kans dat ‘n volgende siekte kan voorkom dramaties verhoog soos duidelik blyk uit onderstaande diagram. DMI is egter sentraal in hierdie diagram omdat hierdie toestande DMI verlaag en anersyds lae DMI tot hierdie siektes lei.

varskoeie2

(Verduideliking: Diagram toon die interaksie tussen siektes tydens die oorgangsfase. Koeie met melkkoors het bv. ‘n 2.62 keer groter kans op verplaasde abomasums. Koeie met verplaasde abomasums het weer ‘n 6.88 groter kans om ketose op te doen, ens.)

VERSEKER DAT KOEIE VINNIG OP VOER KOM NA KALWING EN HOË DMI HANDHAAF

FARMOSAN Reviva koeidrank is ʼn natuurlike produk met uiters maklike toediening vir koeie direk na kalwing met die doel om:

  • DMI direk na kalwing te stimuleer
  • Vinnige herstel te bewerkstellig deur vinnig beskikbare energie om sodoende negatiewe energiebalans te minimiseer
  • Subkliniese en kliniese ketose en melkkoors te help voorkom
  • Rehidrasie te bespoedig en elektrolietbalans te herstel
  • Rumenfunksie te stimuleer en verplaasde abomasums te voorkom
  • Vitamienes te voorsien en die koei se algemene weerstand op te bou

Dit is egter belangrik dat ʼn gesonde en ingeligte droëkoei voeding- en bestuursprogram gevolg sal word om die maksimum respons op die toediening van Reviva koeidrank te verseker. Dit is wetenskaplik bewys dat die tradisionele droë periode van 8 weke suksesvol verkort kan word na 6 weke. Gedurende die eerste 3 weke na opdroog vind involusie van die uier plaas waarna groei en differensiasie of nuwe uierontwikkeling weer in die 3 weke voor kalwing plaasvind. ’n Ekstra 2 weke as rus blyk onnodig te wees. ’n Verkorte droë fase van 42 dae vir koeie en 55 dae vir eerstekalf koeie, met die korrekte voeding, is veral geskik om die rumen i.t.v. papillae lengte en samestelling van die mikro-organismes, gereed te hou vir die hoë kragvoerdieet na kalwing. ’n Aangepaste en funksionele rumen post-partum is voordelig om voldoende DMI te verseker, negatiewe energiebalans te minimaliseer en sodoende metaboliese steurnisse te help voorkom. Dit is ook belangrik om toe te sien dat koeie nie groot massaveranderinge tydens die droë  fase ondergaan nie. Waak teen oor- of onderkondisie koeie en teiken om teen kondisiepunt 3.25 – 3.75 te kalf. Vet koeie vreet nie na kalwing nie en is dus baie vatbaar vir metaboliese steurnisse. “Stress” moet ten alle tye by melkkoeie verhoed word, maar veral tydens die droë-, opstoom- en vars-in-melk fases. Aparte groepering van verse is ook bepaald voordelig i.t.v. hul vreetpatrone, DMI en gevolglike hoër melkproduksies van tot 10%. Verskaf voldoende kamp- en kripspasie en vermy hitte “stress” deur skadu te voorsien. Vitamien- en spoormineraalvoeding moet wetenskaplik benader word om te verseker dat melkkoeie ’n hoë immuunstatus en  ensiem-funksie handhaaf om sodoende maksimaal te kan produseer en reproduseer

Om geboorte te skenk is ’n intensiewe aktiwiteit waartydens ’n klomp fisiese en fisiologiese veranderinge in die koei plaasvind. Sy gebruik ’n klomp energie en verloor tot 50 liter vloeistof met elektroliete. Indien hierdie vloeistof en voedingstowwe nie teruggeplaas word nie, word sulke koeie swak en leweloos. Na kalwing het die koei ook baie kalsium (Ca) nodig om kolostrum te produseer en om te begin lakteer. Indien genoeg Ca nie gemobiliseer word nie, ontstaan ’n Ca-tekort wat lei tot melkkoors of subkliniese melkkoors.

’n Vinnige herstel na kalwing verseker ’n goeie afskop van die nuwe laktasieperiode en gevolglike goeie melkproduksies. Reviva koeidrank verskaf al die bestanddele, wat koeie direk na kalwing vir vinnige herstel benodig, in een oplossing. Reviva koeidrank is uiters smaaklik en word direk na kalwing in ʼn 20 liter oplossing vir die koei aangebied. Die koei kom na behandeling vinnig op voer omdat Reviva koeidrank ryk is aan elektroliete vir spoedige rehidrasie en maklik beskikbare energie bevat om o.a. verplaaste abomasums en ketose te verhoed. Die hoogs opneembare minerale en veral Ca voorkom subkliniese melkkoors, terwyl organies gebonde spoorminerale en vitamienes die immuunstatus ondersteun.

FARMOSAN Reviva koeidrank word in SA deur AFGRI versprei en o.a. deur AFGRI Veevoere en geselekteerde Veeartse direk aan die boer met kundige advies gelewer. Vind ook meer uit omtrent FARMOSAN Rediar vir die effektiewe behandeling van diarree by kalwers.

Vir meer inligting, skryf aan [email protected].