Produkkode:

R1216 – Landelek

Klaar gemengde hoë kwaliteit produksielek vir beeste en skape.

Voordele van Landelek

  • Geskik vir produserende skape en beeste op lae kwaliteit weidings of ruvoer.
  • Voorsien optimale kwantiteit en kwaliteit natuurlike proteïen, NPN, minerale, spoorminerale en energie vir ekonomiese benutting van lae kwaliteit ruvoere.
  • Voorsien hoë vlakke van rumen- verbyvloeiproteïen en energie vir beter GDT asook melk- en wolproduksie.
  • Word aanbeveel vir prikkelvoeding, dragtige- en lakterende diere en uitgroei van jong diere.