AFGRI Veevoere is daartoe verbind om kliënte van tegniese kundigheid, sinvolle advies en uitnemende dienslewering te voorsien, en so hul besigheidsbehoeftes te ondersteun en voordelige uitkomste te bevorder.

Met ‘n jaarlikse produksiekapasiteit van meer as 800 000 ton, is AFGRI Veevoere een van Suid-Afrika se voorste veevoer produsente.

Ses voermeulens is strategies- geleë om na enige plek in Suid-Afrika af te lewer en selfs uit te voer na ons buurlande. Elkeen van ons meulens is ISO9001-gesertifiseerd en voldoen aan AFMA regulasies. AFGRI Veevoere is verbind tot hul Voedselveiligheid en Kwaliteit Sertifikate en streef daarna om voortdurend to verbeter.

AFGRI Veevoere word ondersteun deur ‘n sentrale laboratorium – Labworld. Die laboratorium maak gebruik van die nuutste toerusting, tesame met ‘n analitiese metodologie van die hoogste standaard, om akkurate resultate te lewer op alle ontledings van veevoer monsters vir beide rou materiale en verwerkte voere. Veevoer monsters wat deur die laboratorium ontvang word, word getoets vir konsentrasies van proteïene, vog, minerale, vesel, vet, soja-kwaliteit en aminosure, om net ‘n paar te noem, en die resultate word dan in ‘n gedetailleerde verslag saamgestel.

Voer vir die bevordering van produksie

Deur middel van verskeie ooreenkomste met internasionale vennote, sowel as plaaslike formulerings, navorsing en ontwikkeling, is AFGRI Veevoere tenvolle toegerus om uiters gevorderde voere aan kliënte te lewer tot die bevordering van produksie.