Produkte

Dit is die eeu van tegnologie, wetenskaplike navorsing en ontleding – tot voordeel en algehele bevordering van akkurate optimalisering vir uitnemende prestasie. Dieselfde geld in veevoer produksie. By AFGRI Veevoere ondersteun ons ons kliënte in al hul veevoer behoeftes deur ‘n verskeidenheid kwaliteit produkte te lewer.

Elkeen van ons produkte word noukeurig oorweeg om in die spesifieke behoeftes van diere te voldoen volgens seisoenale wisselings, en sluit addisionele aanvullings in om puik gesondheid onder vee te verseker. Ons omvattende reeks bied uniek-geformuleerde produkte vir elke fase van die diere se ontwikkeling.

Laai gerus ons volledige AFGRI Herkouers Produkhandleiding af om meer inligting, soos samestelling, voerinstruksies en -aanbevelings oor ons reeks herkouer produkte te lees.

Laai gerus ons volledige AFGRI Monogastriese-produkhandleiding af om meer inligting, soos samestelling, voerinstruksies en -aanbevelings oor ons reeks Monogastriese-produkte te lees.