AFGRI Veevoere is ‘n innoverende and tegnologies gevorderde verskaffer van veevoerprodukte en dienste, met strategies geleë meulens en silos regoor die land om produkte vir die optimale prestering van diere maklik bekombaar te maak.

AFGRI Veevoer produkte word met sorg vervaardig en is gegrond op innoverende tegnologie, navorsing en prosesse om te verseker dat vee presteer en puik gesondheid handhaaf deur optimale voeding.

AFGRI Veevoere speel ‘n noodsaaklike rol in die voedselketting deur hoë kwaliteit rou materiale te verwerk tot gebalanseerde voere vir uitnemende veeproduksie.

Met behulp van ons ervare personeel, keur produkte, sinvolle advies en dienslewering, onderneem AFGRI Veevoere om uitsonderlike tegniese kundigheid aan ons kliënte te bied, toenemende produksie behoeftes te vervul, en terselfdertyd ‘n positiewe bydrae tot voedselopbrengs en voedselsekuriteit regoor Afrika te lewer.

AFGRI Veevoere bied ‘n omvattende reeks rantsoene vir vee en plaasdiere. Ons kompeteer ook in die troeteldierkosmark deur ons gewilde JOCK Dog Food handelsmerk.

Ons omvangryke reeks produkte is uniek geformuleerd om die wisselbare vereistes van diere aan te vul. Produkte word ontwikkel wat vee in staat stel om die voer op ‘n gesonde, doeltreffende wyse te verbruik, en ‘n ekonomies-lewensvatbare, volhoubare vennootskap met ons kliënte te verseker.

© Copyright 2022 - AFGRI Animal Feeds