Produkkode:

SC1014P- Trophytech Supplement

Trophytech Supplement is ‘n gespesialiseerde semi-volledige 15mm wildskorrel wat hoofsaaklik vir Trofee en Eksotiese wildspesies aangewend word.

Voordele van Trophytech Supplement

  • Is ‘n gespesialiseerde produk en voorsien gebalanseerde hoeveelhede energie, proteïen en minerale vir trofee wild van alle spesies.
  • Bevat hoë vlakke verbyvloeiproteïen en aminosure.
  • Is ureum-vry. Bevat slegs natuurlike proteïen bronne.
  • In korrelvorm is dit windbestand en verhoed dat voëls die graankomponent uitsoek.
  • Bevat lusern as ‘n ruvoerbron.
  • Is hoog in energie.
  • ‘n Spesiaal geformuleerde voormengsel pak kan bygevoeg word vir die bevordering van vrugbaarheid.