Produkkodes:

R1100 – Vol-Mel Midi

R1101 – Vol-Mel Scientific

Vol-Mel produkte is ‘n reeks volledige suiwelvoere wat geformuleer is vir gemiddelde tot hoë melkproduksie uitsette.

Voordele van Vol-Mel

  • Vol-Mel produkte is smaaklik en wetenskaplik geformuleer.
  • Vol-Mel produkte bevat ten minste 35-40% ruvoer.
  • Vol-Mel produkte se ruvoerfraksie is hoofsaaklik lusern gebaseer (die produkte bevat ten minste 30% lusern).
  • Vol-Mel produkte word vervaardig met behulp van die nuutste ruvoerverwerking en vermenging tegnieke om konstante vesellengtes te verkry.
  • Vol-Mel produkte bevat die nodige vitamiene en minerale vir verbeterde prestasie van melkkoeie.
  • Vol-Mel produkte bevat ionofore en ander medikamente om rumengesondheid en voeromset verhouding te verbeter.