Produkkode:

R1151 – D-Tech 14

Hoë kwaliteit byvoeding vir uitgroei en afrond van speenkalwers, bulle, verse en skoudiere.

Voordele van D-Tech 14

  • Byvoeding vir jong groeiende en volwasse beeste met ad lib ruvoer en/of voldoende somer- en winterweidings beskikbaar.
  • Voorsien optimale kwantiteit en kwaliteit energie, natuurlike proteïen, NPN, minerale en spoorminerale vir maksimum prestasie.
  • Voorsien hoë vlakke van rumen-verbyvloeiproteïen en energie vir verbetering van GDT.
  • Word aanbeveel vir Fase C, D en skoudiere.
  • Word aanbeveel vir verse op natuurlike weiding om dekmassa vroeër te bereik.
  • Bevat medikamente om die doeltreffendheid van energiebenutting te verbeter.