Could a yogurt a day keep diabetes away?
A high intake of yogurt may be associated with a lower risk of developing type 2 diabetes, suggests a new meta-analysis.
Published by Dairy Reporter
A high intake of yogurt may be associated with a lower risk of developing type 2 diabetes, suggests a new meta-analysis.
Published by Dairy Reporter
Dr Heinri Spangenberg, direkteur tegniese verkope: AFGRI Veevoere
Data oor die afgelope paar dekades toon ‘n duidelik afname in die vrugbaarheid van veral hoog produserende kuddes en dus ‘n toename in die interkalfperiode (IKP), dae oop na kalwing en aantal inseminasies per konsepsie. Die rede waarskynlik omdat die moderne koei se genetiese vermoë om enorme hoeveelhede melk te produseer baie suksesvol met o.a. voeding ontgin word, sonder in ag neming die verskil in metaboliese en reproduktiewe voedingbehoeftes. Navorsers het hoofsaaklik onafhanklik die doelwitte en behoeftes vir melkproduksie en gesonde reproduksie ondersoek. Wat voedingkundig goed is vir hoë melkproduksies, veral vinnige en hoë pieke, is nie noodwendig goed vir reproduksie nie, maar eerder ernstig nadelig. Na afloop van geboorte moet die uterus normaal reinig en involusie ondergaan, gevolg deur die aanvang van geslagsaktiwiteit , gesonde follikel ontwikkeling wat ‘n goeie kwaliteit oösiet bevat, estrus, ovulasie en uiteindelik na bevrugting ‘n lewensvatbare embrio. Hierdie proses kan deur swak voeding en bestuur benadeel word, wat IKP verleng en/of die integriteit van die ontwikkelende oösiet en embrio benadeel.
Dit begin reeds ongeveer 90 dae voordat bevrugting plaasvind en dus gedurende die droë- opstoom- en vars in melk fase. Meer onlangse multi-dissiplinêre navorsing bring nuwe insig op voeding en spesifieke voedingstowwe tydens die oorgangsfase vir gesonde reproduksie en sonder om melkproduksie in te boet. Voeding met die klem op reproduksie en kennis van hoe voeding epi-genetika beïnvloed, is krities vir suksesvolle suiwelboerdery. Epi-genetika is wanneer daar veranderinge plaasvind in hoe gene uitgedruk word. Die veranderinge word deur nie-genetiese faktore of meganismes veroorsaak en is nie a.g.v. veranderinge in die onderliggende DNA volgorde nie. Ongeveer 36% van die variasie in eerste laktasie melkproduksie kan toegeskryf word aan epi-genetika en meer spesifiek hoe dit beïnvloed word deur die moeder se melkproduksie en energiebalans gedurende verskillende stadia van laktasie.
Gesonde reproduksie en ‘n kort IKP is die vernaamste faktore vir winsgewende suiwelondernemings. In Nederland skuif IKP 1.5 dae per jaar aan met ‘n koste van ongeveer R20.00 per koei per dag langer as 385 IKP. Ons kan aanvaar dat die koste wêreldwyd ongeveer R20.00 tot R30.00 per koeie per dag, vir langer as 385 IKP, beloop. Om hier te faal beteken die gemiddelde dae in melk (DIM) word langer en met melkproduksie wat ongeveer 100 ml per dag afneem is daar dus meer koeie nodig om melkproduksie met korter DIM te handhaaf. Voerkoste verhoog omdat voeromsetdoeltreffendheid (VOV) afneem met toename in DIM omdat meer voedingstowwe vir onderhoud en vetdeponering gebruik word. Laasgenoemde verhoog natuurlik ook die risiko vir metaboliese probleme tydens die oorgangsfase. Swak reproduksie en langer IKP is nadelig vir langslewendheid met gevolglike minder melk oor die leeftyd. Dit verhoog uitskot en vervanging met minder kalwers vir seleksie en dus stadige genetiese vordering. KI- en veeartseny kostes skiet die hoogde in. Verse betaal hul grootmaakkoste gewoonlik eers in die 2de laktasie terug en met hoë uitskot word hierdie koste selde verhaal.
Melkboere het gewoonlik baie duidelike doelwitte tov melk- en vastestofproduksie, voeding, voer- en arbeidskoste, maar is vaag met reproduksie, uiergesondheid, kalfgrootmaak en koeigemak. Dit is belangrik om ten minste primêre reproduksiedoelwitte op te stel en dan te bepaal of dit funksioneel vir die kudde is. Daarna kan sekondêre doelwitte opgestel word. Hierdie doelwitte moet egter
Primêre Reproduksie Doelwitte
|
gemonitor word en in samewerking met die veearts en voedingkundige bestuur word. Die vernaamste faktore wat tot reproduktiewe finansiële verliese lei is lae DMI, negatiewe energiebalans (NEB), metaboliese steurnisse, siektes, bestuurs- en omgewingsfaktore tydens die oorgangsfase en nie noodwendig ‘n hoë melkproduksie nie. MAAR, onthou dat alle melkkoeie ‘n verlaagde DMI, ‘n sekere mate van NEB en metaboliese steurnisse, veral melkkoors, tydens die oorgangsfase ondervind. ‘n Hoë melkproduksie of ‘n vinnige hoë piek, tesame met voedingswanbalanse, vererger dus NEB en die gevolge daarvan. “Gifstowwe”, soos nie-geësterifiseerde vetsure (NEFA) deur liggamsvet afbraak veroorsaak en oormatige stikstof (N), beland in die follikulere vloeistof en beskadig die oösiet. Die follikel kom gesond en normaal voor, maar bevat ‘n swak kwaliteit of onderontwikkelde eisel wat moeilik bevrug raak. Indien dit wel bevrug raak vind normale embrio ontwikkeling nie plaas nie. Eisel en embrio kwaliteit is dus in baie groot gevaar in hoog produserende kuddes en ook die rede vir vroeë embrionale sterftes wat tot 80% van reproduksie verliese veroorsaak.
Die opstoomfase of laaste 21 dae voor kalf het ten doel om die koei voor te berei vir suksesvolle oorgang vanaf droog na lakterend.
Die skielike oorgang vanaf droog na lakterend gaan gepaard met geweldige fisiese-, fisiologiese-, metaboliese- en voedingsbehoefte veranderinge. Die uier regenereer na involusie, rumengrootte, rumenwand en rumenmikrobepopulasie moet aanpas, hormonale en immunologiese veranderinge vind plaas, mineralemetabolisme en veral kalsiummetabolisme om hipokalsemie te beperk. Die doel is om metaboliese steurnisse na kalwing tot die minimum te beperk omdat metaboliese steurnisse duur is en tot baie vroeë uitskotte lei. Ons wil tydens opstoom seker maak die dieet is so geformuleer dat:
Wanneer dit regkry word is die eerste stap gegee om koeie voor te berei vir hoë melkproduksies EN en die ontwikkeling van gesonde oosiete (primordials) waarvan die genetiese potensiaal nie deur epi-genetika benadeel word nie.
Vet koeie is veral ‘n probleem omdat hulle geneig is tot laer as normale innames voor kalwing wat NEB en afbraak van liggaamsvet voor kalwing verhoog. Hierdie koeie raak insulien weerstandig, ontwikkel Tipe II Ketose en vrek gewoonlik op dag 6 na kalwing. Probleemkoeie moet van die oortollige NEFA’s ontslae raak voor kalwing deur of die spiere of die melk. Sulke diere moet dus geforseer word om te loop gedurende opstoom en/of afgemelk word voor kalwing. Laasgenoemde veral wanneer koeie reeds melk lek voor kalwing. Voorts moet hulle vir 7-10 dae voor kalwing met propileen glikol behandel word om die toestand te verlig.
REVIVA na kalwing help baie om beide melkkoors en ketose insidensies te verlig. Dit is dus belangrik dat koeie teen die regte kondisietelling opgedroog word en die veraf- en opstoomdiëte die koeie se kondisie handhaaf en nie verlaag of verhoog nie.
‘n Goeie varskoeiprogram het ten doel om NEB en verlies aan liggaamskondisie vir veral die eerste 4 weke na kalwing te beperk.
In die afgelope dekades is reeds baie aandag aan navorsing en die ontwikkeling van droë koei- en opstoomdiëte gegee terwyl steeds maar die hoogproduserende TGR vir die varskoeie gevoer word. Dit gebeur dikwels ook met die varskoeie in die hoogproduserende span en nie apart nie. die rede hiervoor is eenvoudig omdat spasie of ‘n ekstra kamp en die meng van aparte TGR problematies is. Die vernaamste rede is egter omdat beide boer en voedingkundige nie voldoende fokus op varskoeie nie. Indien koeie nie reg opgestoom is nie sal spesifieke varskoeikonsep of voeding en bestuur nie veel help nie.
Om geboorte te skenk is ’n intensiewe aktiwiteit waartydens ’n klomp fisiese en fisiologiese veranderinge in die koei plaasvind. Sy gebruik ’n klomp energie en verloor tot 50 liter vloeistof met elektroliete. Indien hierdie vloeistof en voedingstowwe nie vinnig teruggeplaas word nie, word sulke koeie swak en leweloos of morbied. Dit is dus belangrik om te fokus op voeding en bestuur om post-partum koeie spoedig op voer te kry en DMI te stimuleer om sodoende NEB en verlies aan massa te beperk, wat primêr vir metaboliese probleme en swak immuunfunksie verantwoordelik is.
Reproduksie word egter ook hoofsaaklik deur die energiebalans van die koei bepaal. Alhoewel NEB reeds voor kalwing begin is die gevolge eers gedurende laktasie sigbaar omdat melkproduksie skielik verhoog terwyl DMI geleidelik toeneem. Reproduktiewe aktiwiteit van koeie word bepaal deur tydsverloop om laagste punt (nadir) van NEB te bereik, hoe diep of erg nadir is en hoe vinnig dit neem om te herstel.
Hoe korter en kleiner die intensiteit hoe gouer kom koeie op hitte met gevolglike korter IKP. Met optimale oorgang geskied die nadir van NEB binne 15 dae na kalwing met eerste ovulasie ongeveer 15 dae hierna. Eerste ovulasie kan dus so vroeg as 25 dae kalwing geskied en variee tussen 17 tot 42 dae. Dit gaan gewoonlik nie gepaard met duidelike staande hittes nie. Gewoonlik volg ‘n kort 10 to 12 dae interval tot die volgende ovulasie en dan normale 21 dae siklusse. Die tweede ovulaie gaan dan ook gepaard met duidelike hitte tekens. Die intensiteit van NEB word deur ouderdom, kondisie, metaboliese steurnisse, siektes, omgewingsfaktore, koeigemak, melkproduksie en voeding bepaal. Koeie met hoë melkproduksie het gewoonlik ‘n hoë kolostrumproduksie wat NEB direk na kalwing erg affekteer.
NEB en verhoogde NEFA’s in die bloed het negatiewe impak op follikulêre ontwikkeling en die inisiasie en onderhoud van dragtigheid. ‘n Tekort aan bloedkalsiumvlakke vertraag involusie van die uterus, verhoog kortisolvlakke, verlaag DMI verder en vererger dus NEB. Oormatige en die verkeerde “tipe” proteïen vereis ekstra energie om van die oormatige stikstof (N) ontslae te raak en skielike stimulaie van melkproduksie te onderhou en kondisie val nou vinniger. Dit ondermyn dus hormonale en reproduktiewe funksie omdat energie wanaangewend word.
Dit is dus, gegewe die algemene swak reproduktiewe resultate, duidelik dat voeding en bestuur van varskoeie nie tred gehou het met genetiese vordering en die hoër voedingsbehoeftes van “superkoeie” nie.
Die implementering van ‘n varskoeiprogram met die fokus op gesonder koeie met ‘n goeie immuunfunksie verseker vrugbaarheid, minder uitskotte en langslewend om winsgewendheid te verhoog.
Vir meer inligting, skryf aan [email protected].
VINNIGE HERSTEL VAN VARSKOEIE
– ‘n Maklike en Natuurlike Oplossing –
Deur Dr. Heinri Spangenberg – Direkteur: Tegniese Verkope Afgri Veevoere
Moderne suiwelbestuur begin met gesonde diere en is ʼn uitdaging wat toewyding verg, veral gedurende die oorgangsfase of 21 dae voor en na kalwing. Voldoende droëmateriaalinname (DMI) by vars koeie tot met 3 weke na kalwing is die enkele belangrikste faktor vir ʼn suksesvolle totale laktasie periode. Slegs ‘n gesonde koei, met so min as moontlik “stress”, is gekondisioneer vir ʼn hoë DMI. Dit geld veral vir vars koeie en begin met doeltreffende bestuur van koeie in die oorgangsfase.
Uit bostaande grafiek is dit duidelik dat meer as 2 kg DMI permanent verlore kan wees wanneer koeie ‘n siektetoestand of metaboliese steurnis ervaar na kalwing. Enersyds lei metaboliese steurnisse tot ‘n afname in DMI en anersyds is varskoeie met ‘n lae DMI baie meer vatbaar vir metaboliese steurnisse soos veral melkkoors, ketose en verplaasde abomasums. Die doel van hierdie artikel is nie om metaboliese siektes in detail te bespreek nie, aangesien die onderwerp reeds breedvoerig in die uitgawe van April 2007 behandel is. Dit is egter belangrik om kennis te neem dat hierdie “toestande” interverwant is en dus kan die voorkoms van ‘n bepaalde siekte die kans dat ‘n volgende siekte kan voorkom dramaties verhoog soos duidelik blyk uit onderstaande diagram. DMI is egter sentraal in hierdie diagram omdat hierdie toestande DMI verlaag en anersyds lae DMI tot hierdie siektes lei.
(Verduideliking: Diagram toon die interaksie tussen siektes tydens die oorgangsfase. Koeie met melkkoors het bv. ‘n 2.62 keer groter kans op verplaasde abomasums. Koeie met verplaasde abomasums het weer ‘n 6.88 groter kans om ketose op te doen, ens.)
VERSEKER DAT KOEIE VINNIG OP VOER KOM NA KALWING EN HOË DMI HANDHAAF
FARMOSAN Reviva koeidrank is ʼn natuurlike produk met uiters maklike toediening vir koeie direk na kalwing met die doel om:
Dit is egter belangrik dat ʼn gesonde en ingeligte droëkoei voeding- en bestuursprogram gevolg sal word om die maksimum respons op die toediening van Reviva koeidrank te verseker. Dit is wetenskaplik bewys dat die tradisionele droë periode van 8 weke suksesvol verkort kan word na 6 weke. Gedurende die eerste 3 weke na opdroog vind involusie van die uier plaas waarna groei en differensiasie of nuwe uierontwikkeling weer in die 3 weke voor kalwing plaasvind. ’n Ekstra 2 weke as rus blyk onnodig te wees. ’n Verkorte droë fase van 42 dae vir koeie en 55 dae vir eerstekalf koeie, met die korrekte voeding, is veral geskik om die rumen i.t.v. papillae lengte en samestelling van die mikro-organismes, gereed te hou vir die hoë kragvoerdieet na kalwing. ’n Aangepaste en funksionele rumen post-partum is voordelig om voldoende DMI te verseker, negatiewe energiebalans te minimaliseer en sodoende metaboliese steurnisse te help voorkom. Dit is ook belangrik om toe te sien dat koeie nie groot massaveranderinge tydens die droë fase ondergaan nie. Waak teen oor- of onderkondisie koeie en teiken om teen kondisiepunt 3.25 – 3.75 te kalf. Vet koeie vreet nie na kalwing nie en is dus baie vatbaar vir metaboliese steurnisse. “Stress” moet ten alle tye by melkkoeie verhoed word, maar veral tydens die droë-, opstoom- en vars-in-melk fases. Aparte groepering van verse is ook bepaald voordelig i.t.v. hul vreetpatrone, DMI en gevolglike hoër melkproduksies van tot 10%. Verskaf voldoende kamp- en kripspasie en vermy hitte “stress” deur skadu te voorsien. Vitamien- en spoormineraalvoeding moet wetenskaplik benader word om te verseker dat melkkoeie ’n hoë immuunstatus en ensiem-funksie handhaaf om sodoende maksimaal te kan produseer en reproduseer
Om geboorte te skenk is ’n intensiewe aktiwiteit waartydens ’n klomp fisiese en fisiologiese veranderinge in die koei plaasvind. Sy gebruik ’n klomp energie en verloor tot 50 liter vloeistof met elektroliete. Indien hierdie vloeistof en voedingstowwe nie teruggeplaas word nie, word sulke koeie swak en leweloos. Na kalwing het die koei ook baie kalsium (Ca) nodig om kolostrum te produseer en om te begin lakteer. Indien genoeg Ca nie gemobiliseer word nie, ontstaan ’n Ca-tekort wat lei tot melkkoors of subkliniese melkkoors.
’n Vinnige herstel na kalwing verseker ’n goeie afskop van die nuwe laktasieperiode en gevolglike goeie melkproduksies. Reviva koeidrank verskaf al die bestanddele, wat koeie direk na kalwing vir vinnige herstel benodig, in een oplossing. Reviva koeidrank is uiters smaaklik en word direk na kalwing in ʼn 20 liter oplossing vir die koei aangebied. Die koei kom na behandeling vinnig op voer omdat Reviva koeidrank ryk is aan elektroliete vir spoedige rehidrasie en maklik beskikbare energie bevat om o.a. verplaaste abomasums en ketose te verhoed. Die hoogs opneembare minerale en veral Ca voorkom subkliniese melkkoors, terwyl organies gebonde spoorminerale en vitamienes die immuunstatus ondersteun.
FARMOSAN Reviva koeidrank word in SA deur AFGRI versprei en o.a. deur AFGRI Veevoere en geselekteerde Veeartse direk aan die boer met kundige advies gelewer. Vind ook meer uit omtrent FARMOSAN Rediar vir die effektiewe behandeling van diarree by kalwers.
Vir meer inligting, skryf aan [email protected].