Entries by [email protected]

Voerpryse in die Kollig

Jaco du Plessis: Tegniese Adviseur – AFGRI Veevoere Voerpryse. ‘n Onderwerp vir bespreking in die landbousektor wat al verskeie individue laat sweet het. Die boer wat die voer aankoop of die verkose kandidaat van die voermaatskappy wat die prysbrief by die plaas moet gaan afgee. Dit mag dalk lyk of voerpryse die hoogte inskiet die […]

Proteïene: Kwaliteit en Bronne

Leon Botha AFGRI Veevoere.   Produkte word maklik vergelyk op prys wanneer die sakkaartjie waardes van ru-proteïen dieselfde is. Tog is hierdie ʼn baie breë term wat ons nie veel oor die produk se kwaliteit of verwagte produksie inlig nie. Wanneer proteïen bronne oorweeg word is dit belangrik om aspekte soos ouderdom van dier, produksiestadium, […]

Oesreste

Danie du Toit, AFGRI VeevoereTegniese Adviseur Inleiding: Met die uitdagings wat landbouprodusente in die gesig staar, moet grond, weidings, vee en oesreste ten volle benut word om winsgewendheid te verseker. Die natuurlike weidings in die oostelike dele van Suid-Afrika bestaan uit suurgras wat baie goeie voedingswaarde in die somer bied, maar marginaal tot laag in […]

Kuilvoer jou bate in tye van droogte.

Deur Henri Viljoen AFGRI Veevoere Weens onvoorspelbare reën, droogte, mark skommeling a.g.v. Covid 19, verhoogde insetkostes en die grondkwessie het boere baie struikelblokke wat voorlê. Dit is ook opvallend ons laat reën kry die laaste paar jaar, veral in die sentrale deel van die land. Met hoë temperature en min weidings beskikbaar vanweë die lang […]

MUN WAARDES EN HOE DIT GEINTERPRETEER BEHOORT TE WORD.

Deur Johan Loubser, AFGRI Veevoere   Wat is Melk Ureum Stikstof? Melk ureum stikstof (MUN), die konsentrasie van ureum in melk, is ‘n instrument om die doeltreffendheid van ru-proteïenbenutting in melkkoeie te monitor. In die rumen degradeer mikrobes dieet proteïen na ammoniak. Wanneer ammoniak tesame met fermenteerbare koolhidrate in die rumen teenwoordig is, kan rumen-mikrobes […]

DIE BELANGRIKHEID VAN FOSFAAT AANVULLING OP GROEN WEIDINGS

Andries Kruger, Tegniese Adviseur AFGRI Veevoere Fosfaat aanvulling op groen somerweidings is ‘n konsep wat al vir baie jare lank beproef, nagevors en bewys is, maar tog word die erns van fosfaat aanvulling steeds nie genoeg beklemtoon nie. Wanneer dit by die weidende dier kom, word fosfor as die ekonomies belangrikste mineraal in Suid-Afrika beskou, […]

Bio-sekuriteit op die melkplaas

Deur Anton Gresse AFGRI Veevoere Die Covid-19 virus het die mensdom die laaste paar maande bewus gemaak van die effek wat ‘n patogeen op ons samelewing kan afdwing. Dit was ook skrikwekkend hoe min beheer ons het oor die tempo van infeksie en mortaliteit. Ons almal moes leer wat behels bio-sekuriteit en hoe om dit […]

Totale gemengde rantsoen (TGR)- wins of verlies vir die boer.

Arrie Herbst AFGRI Veevoere Tegniese Adviseur Waardetoevoeging is vandag sentraal tot volhoubare en winsgewende boerdery onder moeilike omstandighede. In veeboerdery kan ’n ekstra inkomste gegenereer word deur jou speenkalf of -lam self af te rond deur middel van ’n totale gemengde rantsoen (TGR). Sekere belangrike suksesfaktore moet egter in ag geneem word, want anders kan […]

Prikkelvoeding as hulpmiddel in skaapboerdery

Deur JW van Niekerk, tegniese adviseur by AFGRI Veevoere   Een van die fases waar ’n groot impak op die doeltreffendheid van ’n skaapboerdery gemaak kan word, is deur die besettingspersentasie en fekunditeit (meerlinge) te verhoog.  Prikkelvoeding is een van die bestuurshulpmiddels wat onder sekere omstandighede doeltreffend aangewend kan word om die lampersentasie en winsgewendheid […]